12726 - SPI Solar-FerrumPL - Draft Minutes of FGM ... - EIA for Solar Park Substation/2... ·...

33
1 Nicolene Venter From: Nicolene Venter Sent: 21 August 2013 06:20 PM To: Stephanie Corneliseen <[email protected]>; Dave en Crista Ford <[email protected]>; Johnna Gay <[email protected]>; Patrick Gay <lyndell9 @gmail.com>; Chris Goosen <[email protected]>; Antonie Jacobs <[email protected]>; Frikkie Luttig <[email protected]>; Frikkie Luttig <[email protected]>; Banie Maritz <[email protected]>; Wouter Snyman <[email protected]>; Tim Spangenberg <[email protected]>; Eddie Stafford <[email protected]>; Pieter Storm <[email protected]>; Willie Storm <[email protected]>; Francois en Marizan van der Merwe <[email protected]>; Andre van Zyl <[email protected]>; [email protected]; [email protected]; [email protected]; [email protected] Cc: Warren Kok; Mathys Vosloo; [email protected]; [email protected]; Nicolene Venter Subject: OIE 2: Solar-Ferrum Kraglyn - Konsep Notule van Vergadering gehou op 3 Julie 2013 Attachments: 12726 - SPI Solar-FerrumPL - CombinedDraftMinutes FGM 03Jul2013 FINAL DRAFT - 21Aug2013 NV.pdf Importance: High Follow Up Flag: Follow up Flag Status: Flagged Goeie Naand Grondeienaars, Vind asseblief aangeheg die konsepnotule van die vergadering gehou op Woensdag 3 Julie 2013 te Olifantshoek met geaffekteerde grondeienaars. Vir u inligting: Andre Burger het nie het nie ‘n e-pos adres of faksnommer nie en sy kopie sal per voorkeur pos gestuur word. Kobus Burger het nie het nie ‘n e-pos adres of faksnommer nie en sy kopie sal per voorkeur pos gestuur word. Johan Lock het nie ‘n e-pos adres nie of faksnommer nie en sy kopie sal per voorkeur pos gestuur word. Johanna Gay se kopie sal deur Mnr Patrick Gay aan haar besorg word Soos vervat in die aangehegde konsepnotule sal dit waardeer word as ons insette op die konspnotule kan ontvang teen Vrydag 27 September 2013. Vriendelike groete, Nicolene Venter [Cert. Public Relations] Senior Public Participation Practitioner Block B, Thandanani Park, Matuka Close, Halfway Gardens, Midrand, 1685, RSA T: +27 11 207 2060 D: +27 11 207 2077 F: +27 86 676 9950 C: +27 83 377 9112 E: [email protected] W: www.zitholele.co.za Please consider the environment before printing this e-mail! The linked image cannot be displayed. The file may have been moved, renamed, or deleted. Verify that the link points to the correct file and location.

Transcript of 12726 - SPI Solar-FerrumPL - Draft Minutes of FGM ... - EIA for Solar Park Substation/2... ·...

Page 1: 12726 - SPI Solar-FerrumPL - Draft Minutes of FGM ... - EIA for Solar Park Substation/2... · Subject: OIE 2: Solar-Ferrum Kraglyn - Konsep Notule van Vergadering gehou op 3 Julie

1

Nicolene Venter

From: Nicolene Venter

Sent: 21 August 2013 06:20 PM

To: Stephanie Corneliseen <[email protected]>; Dave en Crista Ford

<[email protected]>; Johnna Gay <[email protected]>; Patrick Gay <lyndell9

@gmail.com>; Chris Goosen <[email protected]>; Antonie Jacobs

<[email protected]>; Frikkie Luttig <[email protected]>; Frikkie Luttig

<[email protected]>; Banie Maritz <[email protected]>; Wouter Snyman

<[email protected]>; Tim Spangenberg <[email protected]>;

Eddie Stafford <[email protected]>; Pieter Storm

<[email protected]>; Willie Storm <[email protected]>; Francois

en Marizan van der Merwe <[email protected]>; Andre van Zyl

<[email protected]>; [email protected]; [email protected];

[email protected]; [email protected]

Cc: Warren Kok; Mathys Vosloo; [email protected]; [email protected];

Nicolene Venter

Subject: OIE 2: Solar-Ferrum Kraglyn - Konsep Notule van Vergadering gehou op 3 Julie

2013

Attachments: 12726 - SPI Solar-FerrumPL - CombinedDraftMinutes FGM 03Jul2013 FINAL DRAFT

- 21Aug2013 NV.pdf

Importance: High

Follow Up Flag: Follow up

Flag Status: Flagged

Goeie Naand Grondeienaars,

Vind asseblief aangeheg die konsepnotule van die vergadering gehou op Woensdag 3 Julie 2013 te Olifantshoek met

geaffekteerde grondeienaars.

Vir u inligting:

Andre Burger het nie het nie ‘n e-pos adres of faksnommer nie en sy kopie sal per voorkeur pos gestuur word. Kobus Burger het nie het nie ‘n e-pos adres of faksnommer nie en sy kopie sal per voorkeur pos gestuur word.

Johan Lock het nie ‘n e-pos adres nie of faksnommer nie en sy kopie sal per voorkeur pos gestuur word.

Johanna Gay se kopie sal deur Mnr Patrick Gay aan haar besorg word

Soos vervat in die aangehegde konsepnotule sal dit waardeer word as ons insette op die konspnotule kan ontvang

teen Vrydag 27 September 2013.

Vriendelike groete,

Nicolene Venter [Cert. Public Relations] Senior Public Participation Practitioner

Block B, Thandanani Park, Matuka Close, Halfway Gardens, Midrand, 1685, RSA

T: +27 11 207 2060 D: +27 11 207 2077 F: +27 86 676 9950 C: +27 83 377 9112

E: [email protected] W: www.zitholele.co.za

Please consider the environment before printing this e-mail!

The linked image cannot be displayed. The file may have been moved, renamed, or deleted. Verify that the link points to the correct file and location.

Page 2: 12726 - SPI Solar-FerrumPL - Draft Minutes of FGM ... - EIA for Solar Park Substation/2... · Subject: OIE 2: Solar-Ferrum Kraglyn - Konsep Notule van Vergadering gehou op 3 Julie

1

Nicolene Venter

From: Nicolene Venter

Sent: 18 July 2013 10:54 PM

To: Nicolene Venter

Subject: Solar-Ferrum

------ SMS ------

To: 0827790354

To: 0828261427

To: 0834127613

To: 0824157358

To: 0826768272

To: 0834066336

To: 0824946069

To: 0824658854

To: 0834479331

To: 0833796126

To: 0829206923

To: 0836330622

To: 0828765199

To: 0827847194

To: 0835386832

To: +27824445222

To: 0829227989

To: 0828262357

To: 0824189050

To: 0833258691

To: +27828250593

To: 0828078528

To: 0717606446

To: 0735790916

Sent: Jul 1, 2013 20:41

Goeienaand - net ter bevestiging van die grondeienaarsvergadering komende Woensdag, 3 Julie om 10:00

(registrasie vanaf 09:30) by die NG Kerksaal, Oliefantshoek. Die vergadering is rakende die 400kV kraglun vanaf die

Solar Park (Upington) na Ferrum (Kathu). U is welkom om my te kontak sou u enige verdere inligting verlang. Groete

Nicolene (kantoor no 011 207 2077)

Page 3: 12726 - SPI Solar-FerrumPL - Draft Minutes of FGM ... - EIA for Solar Park Substation/2... · Subject: OIE 2: Solar-Ferrum Kraglyn - Konsep Notule van Vergadering gehou op 3 Julie

Omgewingsimpakbepalings en Watergebruikslisensie vir die voorgestelde Solar Park-

integrasieprojek

Solar-Ferrum Kraglyn: OIE 2

(DO verw.no.: 12/12/20/2610 en NEAS Verw.no.: DEA/EIA/0000767/2011)

Kontakinligting

Kantoor van Openbare

Deelname

Nicolene Venter en Patiswa Mnqokoi

Zitholele Consulting

Posbus 6002

Halfway House, 1685

Tel: 011 207 2060

Faks: 086 676 9950

E-pos: [email protected]

[email protected]

Tegniese navrae

Mathys Vosloo

Zitholele Consulting

Posbus 6002

Halfway House, 1685

Tel: 011 207 2060

Faks: 086 676 9950

E-pos: [email protected]

NOTULE

FOKUSGROEPVERGADERING

GEHOU MET

GRONDEIENAARS

GEHOU OP

WOENSDAG 3 JULIE 2013

TE

NG KERKSAAL, OLIFANTSHOEK

Page 4: 12726 - SPI Solar-FerrumPL - Draft Minutes of FGM ... - EIA for Solar Park Substation/2... · Subject: OIE 2: Solar-Ferrum Kraglyn - Konsep Notule van Vergadering gehou op 3 Julie

2

INHOUDSOPGAWE

1 VERWELKOMING EN BEKENDSTELLING ................................................................................. 3

2 BYWONING ........................................................................................................................................ 3

3 AGENDA EN DOEL VAN VERGADERING .................................................................................. 3

4 AGTERGROND RAKENDE DIE PROJEK .................................................................................... 3

5 OPSOMMING VAN ALTERNATIEWE ........................................................................................... 3

5.1 Alternatiewe Korridor Sensitiwiteits Matrix ........................................................................ 4

6 PROSES VORENTOE ....................................................................................................................... 4

7 BESPREKING EN VRAE GELEENTHEID .................................................................................... 4

8 AFSLUITING ....................................................................................................................................... 4

Konsep Notule saamgestel deur: Nicolene Venter Indien enige kommentaar / redigering, stuur dit asseblief aan Nicolene Venter by adres voorsien.

Nagegaan deur: Mathys Vosloo en Warren Kok

U KOMMENTAAR OP DIE KONSEPNOTULE U kommentaar op die Konsepnotule word waardeer. Die doel van die Konsepnotule is om u die geleentheid te bied

om te bevestig dat die vrae en stellings geopper tydens die vergadering korrek genotuleer is. Neem asseblief kennis dat die Konsepnotule nie verbatim is nie. Stuur asseblief u kommentaar, skriftelik, aan Nicolene Venter

voor of op VRYDAG 27 SEPTEMBER 2013 na adres soos voorsien op voorblad.

Page 5: 12726 - SPI Solar-FerrumPL - Draft Minutes of FGM ... - EIA for Solar Park Substation/2... · Subject: OIE 2: Solar-Ferrum Kraglyn - Konsep Notule van Vergadering gehou op 3 Julie

3

FOKUSGROEPVERGADRING: GRONDEIENAARS

1 VERWELKOMING EN BEKENDSTELLING

Nicolene Venter, Zitholele Consulting, bedank die teenwoordiges vir die tyd wat hulle afgestaan het om die vergadering by te woon. Die projekspan was versoek om hulself bekend te stel en hul verantwoordelikhede in die voorgestelde projek aan die teenwoordiges mee te deel.

2 BYWONING

Verwys na Aanhangsel A aangeheg by die Konsepnotule.

Verskonings ontvang (alfabeties volgens Van): • Mnr Eddie Barnard • Mnr Willie Barnard • Mnr Andre Burger • Mev Stefanie Cornelissen • Mnr Dave Ford • Mev Johanna Gay • Mnr Johan Lock • Mnr Banie Maritz • Mnr Eddie Stafford • Mnr André van Zyl

3 AGENDA EN DOEL VAN VERGADERING

Nicolene Venter stel die Agenda voor vir die verloop van die vergadering en word deur die teenwoordiges aanvaar sonder byvoegings. Die verloop van die vergadering was uiteengesit wat ten doel het dat almal gelyke geleentheid kry om insette te lewer.

Mathys Vosloo, Zitholele Consulting, deel die teenwoordiges mee dat die doel van die vergadering is om: • ‘n kort oorsig te gee rakende die konsultasie proses gevolg met geaffekteerde grondeienaar en

huurders; • ‘n opsomming van die voorkeur Korridor Alternatiewe voor te lê; • Kommentaar in te vorder tydens die vergadering; en • die proses vorentoe uit te wys. Verwys na Aanhangsel B vir aanbiedingsmateriaal.

4 AGTERGROND RAKENDE DIE PROJEK

Mathys Vosloo bied ‘n kort oorsig rakende die agtergrond vir die voorgestelde projek nl dat: • Die ontwikkeling van hernubare energie bronne is n nasionale prioriteit om betroubare lewering van

elektrisiteit in die Noord Kaap te verseker. • Upington area is geïdentifiseer as een van die hoogste sonstraling-gebiede in die wereld, daarom die

Gekonsentreerde Sonkrag Aanleg te Upington. • Kraglyne is noodsaaklik om die elektrisiteit wat opgewek word in die elektrisiteitsnetwerk in te voer.

5 OPSOMMING VAN ALTERNATIEWE

Mathys Vosloo, met behulp van die projek oorsigkaart, deel die teenwoordiges mee dat daar gedurende die Omgewingsimpakewaluering (OIE) verskeie Korridor Alternatiewe (Korridor 1, Korridor 2, Korridor 3) ondersoek was. Aan die einde van die Konsep Omgewingsimpakbepaling het Korridor 3 en die gepaardgaande sub-alternatiewe rondom Olifantshoek (Alternatiewe 3A, 3B, 3C, 3D en 3E) uitgekom as die mees aanvaarbaarste alternatief van ‘n omgewingsoogpunt. Sub-alternatief 3A was ook ‘n omgewingsaanvaarbare Alternatief, maar as gevolg van ‘n grondeienaarkwessie is Alternatief 3E aan die Departement van Omgewingsake (DO) ingedien vir besluitneming.

Page 6: 12726 - SPI Solar-FerrumPL - Draft Minutes of FGM ... - EIA for Solar Park Substation/2... · Subject: OIE 2: Solar-Ferrum Kraglyn - Konsep Notule van Vergadering gehou op 3 Julie

4

5.1 Alternatiewe Korridor Sensitiwiteits Matrix

Met die behulp van die Sensitiwiteits Matrix, het Mathys Vosloo die sensitiwiteitskaal per Korridor Alternatief aangebied en aan die teenwoordiges uitgewys die geringe, in sekere gevalle geen, verskil tussen Alternatief 3A en 3E asook 3B en 3C. ‘n Paar studies se puntetoekenning is uitgewys bv die Argeologiese Studies waar Korridor Alternatiewe 2 en 3 (en 3 se sub-alternatiewe) gelykstaande punte deur die spesialist toegeken is. Verwys na Aanhangsel B vir aanbiedingsmateriaal.

6 PROSES VORENTOE

Mathys Vosloo deel die teenwooridges mee dat die OIE proses vorentoe hersien word van die proses en stappe soos op die aanbiedingsmateriaal weergegee was, en is die proses vorentoe soos volg saamgevat: • Mathys Vosloo, Warren Kok en Nicolene Venter (gesamentlik of opgedeel) gaan elke grondeienaar op

Alternatief 3 (insluitende A, B, C, D & E) besoek om spesifieke kwellinge op hul plase uit te wys en kommentaar geopper te notuleer.

• Die kommentare sal op ‘n kaart vasgelê word wat aan die spesialiste deurgegee sal word. • Grondeienaars word versoek om skriftelike kommentaar te lewer en punte of kwellinge uit te wys in die

spesialis studies sodat dit aangespreek kan word. • Gebasseer op die kommentaar wat ontvang word sal spesialiste hulle verslae wysig en indien nodig

verdere plaas besoeke onderneem. • Die spesialiste sal reageer op die kwessies, kwellinge en kommentaar gelewer. • Die spesialiste hul verslae aanpas en aan Zitholele deurstuur. • Die hoofverslag aanpas volgens inligting ontvang van spesialiste. • Die opgedateerde verslag (Konsep Hersiende Finale OIE Verslag) sal vir ‘n 30-dae kommentaar period

aan alle geregistreerde belanghebbende en/of geaffekteerde party op die projek se databasis gegun word om kommentaar op die opgedateerde verslag te lewer.

• Die Hersiende Finale OIE Verslag sal opgedateer word met die kommentaar/kommentare ontvang, gefinaliseer word en by die Department ingedien word.

• ‘n Verdere 21-dae kommentaar period sal aan geregistreerde belanghebbende en/of geaffekteerde partye op die projek se databasis gegun word en kommentare op die Hersiende Finale OIE Verslag moet dan aan die Departement van Omgewingsake ingedien word.

‘n Brief sal ook aan alle geregistreerde belanghebbendes en/of geaffekteerde partye op die databasis bestuur word waarin die terugtrek van die Finale OIE Verslag weergegee word en die stappe vorentoe.

7 BESPREKING EN VRAE GELEENTHEID

Verwys na Aanhangsel C (Besprekingsdokument) vir vrae, kwessies en kommentaar geopper.

8 AFSLUITING

Nicolene Venter bedank alle teenwoordiges weereens vir die tyd wat hulle afgestaan het om die vergadering by te woon en vir die waardevolle insette wat hulle gelewer het. Sy wens almal ‘n voorspoedige reis toe. Die vergadering was gesluit om 12h15.

Page 7: 12726 - SPI Solar-FerrumPL - Draft Minutes of FGM ... - EIA for Solar Park Substation/2... · Subject: OIE 2: Solar-Ferrum Kraglyn - Konsep Notule van Vergadering gehou op 3 Julie

TITEL VAN NAAM EIENDOM / ORGANISASIE

Mnr Burger Kobus Plaas: Ebenezhear

Mnr Gay Patrick Plaas: Omvrede

Mnr Goosen Chris Plaas:

Mnr Jacobs Antonie Plase: Spence & Lewis

Mr Kok Warren Zitholele Consulting (Pty) Ltd

Mnr Luttig Frikkie Plase: Vrolikheid Suid & Mount Leonard

Mr Maphanga Mfundo Eskom Holdings SOC Limited

Mnr Pieterse Pietie Plaas: Vrolikheid Noord

Mnr Snyman Wouter Plaas: Watermeyer O' Donoghue

Mnr Spangenberg Tim Rooiwal Boerevereniging

Mnr Storm Pieter Plase: Makala & Searle

Mnr Storm Willie Plaas: Johnson

Mnr & Mev van der Merwe Francois en Fransie Plaas: Mooiplants

Mr van der Merwe Koos Eskom Holdings SOC Limited

Mnr Van Zyl Jan Plaas: Schaapkloof

Mrs Venter Nicolene Zitholele Consulting (Pty) Ltd

Dr Vosloo Mathys Zitholele Consulting (Pty) Ltd

Omgewingsimpakbepalings en Watergebruikslisensie vir die voorgestelde Solar Park-

integrasieprojek

Solar-Ferrum Kraglyn: OIE 2

(DO verw.no.: 12/12/20/2610 en NEAS Verw.no.: DEA/EIA/0000767/2011)

AANHANGSEL A

Page 8: 12726 - SPI Solar-FerrumPL - Draft Minutes of FGM ... - EIA for Solar Park Substation/2... · Subject: OIE 2: Solar-Ferrum Kraglyn - Konsep Notule van Vergadering gehou op 3 Julie

21/08/2013

1

Geaffekteerde Grondeienaarsvergadering – 3 Julie 2013

SOLAR PARK GEINTEGREERDE PROJEK:SOLAR PARK NA FERRUM KRAGLYN

Agenda• Nood ontruimingsprosedure

• Verwelkoming en verskonings

• Doel van die vergadering

• Agtergrond tot die projek

• Publieke Deelname Proses

• Korridor alternatiewe

• Proses vorentoe

• Algemene bespreking

• Afsluiting

Verwelkoming en verskonings

Nicolene Venter

Verloop van vergadering

• Werk deur fasiliteerder

• “Agree to disagree”

• Selfone af

• Fokus op projek en nie op persoon

Page 9: 12726 - SPI Solar-FerrumPL - Draft Minutes of FGM ... - EIA for Solar Park Substation/2... · Subject: OIE 2: Solar-Ferrum Kraglyn - Konsep Notule van Vergadering gehou op 3 Julie

21/08/2013

2

Doelwitte van die vergadering

• Konsultasie met geaffekteerde grondeienaars en huurders

• Opsomming van die voorkeur korridoralternatiewe voor te lê

• Kommentaar in te vorder

• Proses vorentoe uit te wys

Agtergrond van die projek

Behoefte vir Gekonsentreerde Sonkrag

• Ontwikkeling van hernubare energie bronne is n nationale prioriteit om betroubare leweringvan elektrisiteit in die Noord Kaap te verseker

• Upington area is geidentifiseer as een van hoogste sonstraling gebiede in die wereld ˃ Gekonsentreerde Sonkrag Aanleg

• Kraglyne is noodsaaklik om die elektrisiteitwat opgewek word aan die elektrisiteits-netwerk te lewer

Opsomming van Alternatiewe

Page 10: 12726 - SPI Solar-FerrumPL - Draft Minutes of FGM ... - EIA for Solar Park Substation/2... · Subject: OIE 2: Solar-Ferrum Kraglyn - Konsep Notule van Vergadering gehou op 3 Julie

21/08/2013

3

Alternatiewe watondersoek is

123

3E

3D3A

3C

3B

SensitivityAlternative Corridor

1 2 3, 3E 3A, 3B, 3C, and 3D

Geology 0 0 0 0

Climate and Air Quality 0 0 0 0

Soil, land capability and topography 5 5 3 3

Surface water and wetlands 1 1 1 1

Groundwater 0 0 0 0

Terrestrial ecology 5 5 3 3

Avifauna 3 5 5 1

Socio – economic 3 3 3 1

Traffic assessment 0 0 0 0

Noise assessment 0 0 0 0

Visual assessment 5 3 5 3

Archaeological, cultural and historical 3 1 1 1

Landowner requirements (Landowner consultation) 5 5 1 7

Infrastructural requirements 1 1 3 5

Total Score 31 29 25 25

Alternatiewe Korridor Sensitiwiteits Matrix

ⓌⓌⓌⓌ

ⒺⒺⒺⒺ

ⓋⓋⓋⓋ

ⓈⓈⓈⓈ

ⒺⒺⒺⒺ

ⓋⓋⓋⓋ

3E,

3C

3A

3C

3B,3A

3A, 3C

3B,

3E, 3A

3E,

ⓈⓈⓈⓈ

VoorkeurKorridors

123

3E

3D3A

3C

3B

ⓈⓈⓈⓈ

ⓈⓈⓈⓈ

ⓌⓌⓌⓌ

ⓌⓌⓌⓌⒺⒺⒺⒺ

ⒺⒺⒺⒺ

ⓋⓋⓋⓋ

ⓋⓋⓋⓋ

ⓈⓈⓈⓈ

ⓈⓈⓈⓈ

ⓋⓋⓋⓋ

ⓋⓋⓋⓋ

ⒺⒺⒺⒺ

ⒺⒺⒺⒺ

ⒺⒺⒺⒺ

ⒺⒺⒺⒺ

• Korridor 3A• Korridor 3E• Korridor 3C

Land en grond VoelsWater bronne VisueelEcologie ErfenisSosio-ekonomies

ⓈⓈⓈⓈ

ⓌⓌⓌⓌ

ⒺⒺⒺⒺ

ⓈⓈⓈⓈ

ⓋⓋⓋⓋ

ⓋⓋⓋⓋ

ⒺⒺⒺⒺ

Proses vorentoe• Omgewingsimpakverslag is terug getrek om verdere konsultasie met

geaffekteerde grondeienaars te onderneem

• Voorkeur korridors sal heroorweeg word mbt omgewing, sosio-economies, tegniese aspekte

• Verslag en aanbeveling word hersien• Hersiende verslag beskikbaar aan all G&BP vir kommentaar (21 dae)

• Kommentaar weereens gelewer, ingesluit in hersiende verslag.• Hersiende verslag aan Dept Omgwingsake en G&BP gedien• G&BP hersien finale verslag (21 dae) en lewer kommentaar direk aan

Dept Omgwingsake• Dept Omgwingsake besluit op die aansoek – geleentheid vir Appel

proses• Eskom onderhandeling met grondeienaars

Page 11: 12726 - SPI Solar-FerrumPL - Draft Minutes of FGM ... - EIA for Solar Park Substation/2... · Subject: OIE 2: Solar-Ferrum Kraglyn - Konsep Notule van Vergadering gehou op 3 Julie

21/08/2013

4

Algemene bespreking

Kommentaar

• Stuur kommentaar aan:Nicolene Venter (Zitholele Consulting) Posbus 6002, Halfway House, 1685 Tel: 011 207 2077 Faks: 086 676 9950 E-pos: [email protected]

Dankie vir U tyd

Page 12: 12726 - SPI Solar-FerrumPL - Draft Minutes of FGM ... - EIA for Solar Park Substation/2... · Subject: OIE 2: Solar-Ferrum Kraglyn - Konsep Notule van Vergadering gehou op 3 Julie

AANHANGSEL C - Besprekingsdokument Projek: 12726

OMGEWINGSTUDIES

Voorgestelde Integrasie van die Gekonsentreerde Solarpark (CSP)

na Eskom kragnetwork

Solar-Ferrum Kraglyn – OIE 2

DEA REF: 12/12/20/2606 to 12/12/20/2610 NEAS REF: DEA/EIA/0000767/2011

Besprekingsdokument: Grondeienaarsvergadering

Woensdag 3 Julie 2013

INHOUDSOPGAWE

1. ROETE ALTERNATIEWE AANVERWANTE KOMMENTAAR ................................................................ 1

2. VELDBRAND KWESSIES ......................................................................................................................... 4

3. OMGEWINGIMPAKPROSES AANVERWANTE KOMMENTAAR ........................................................... 4

4. FINALE OMGEWINGSVERSLAG AANVERWANTE KOMMENTAAR .................................................. 12

5. KONSULTASIE AANVERWANTE KWESSIES ...................................................................................... 15

6. ALGEMENE KWESSIES ......................................................................................................................... 19

7. PROSES VORENTOE ............................................................................................................................. 21

Page 13: 12726 - SPI Solar-FerrumPL - Draft Minutes of FGM ... - EIA for Solar Park Substation/2... · Subject: OIE 2: Solar-Ferrum Kraglyn - Konsep Notule van Vergadering gehou op 3 Julie

AANHANGSEL C - Besprekingsdokument 1 12726

KOMMENTAAR, VRAE EN KWESSIES GELEWER DEUR RESPONSE(S) 1. ROETE ALTERNATIEWE AANVERWANTE KOMMENTAAR

1.1 ‘n Belangrike punt is aan die projekspan uitgewys wat die toegekende telling (rating) soos dit in die verslag vervat is mag beinvloed aangesien die insette van geaffekteerde grondeienaars op Alternatief 3E nie in berekening gebring is nie. Indien wel in berekening gebring word, kan die telling so hoog as sewe (7) wees.

JACOBS, Antonie Grondeienaar Plase: Spence & Lewis

Die projekspan het geglo en die aanname gemaak dat konsultasie wel gedoen was en het op ‘n punt besef dat nie alle grondeienaars gekonsulteer was nie. Die teenwoordiges was meegedeel dat al die Alternatiewe se telling kan opgaan na sewe (7) aangesien grondeienaars op al die Alternatiewe die korridors sal teestaan. Dit word erken dat die telling vir Alternatief 3E, nadat die grondeienaars gekonsulteer is, wel ‘n sewe (7) telling kan bereik. Mathys Vosloo, Zitholele Consulting Nadat die vorige projekspan (Konrak Kruger en Andre Joubert) Zitholele Consulting se diens verlaat het, het Mathys en Nicolene oorgevat en met die inligting deur ontvang het hulle met daardie siening voortgegaan. Waar die projek nou staan is dat die Finale Verslag onttrek is van die Departement van Omgewingsake. Die projekspan wil met alle grondeienaars konsulteer. Die projek is wyd geadverteer en bekendgestel in die studie area om soveel moontlik mense te betrek. Probleme het wel opgeduik maar Zitholele wil nou die proses regmaak en ‘n pad saam met die grondeienaars stap voordat die Verslag gefinaliseer en ingedien word. Dit wat aangebied is was die aanvanklike aanname en tellings en Zitholele is bereid om die tellings en die Verslag aan te pas voordat dit ingedien word. Warren Kok, Zitholele Consulting

1.2 Verneem of Korridor 2 nie meer verder oorweeg word nie.

PIETERSE, Pietie Grondeienaar

Zitholele het Korridor 1 & 2 vermy as gevolg van die aanbevelings van die spesialis-studies aangesien

Page 14: 12726 - SPI Solar-FerrumPL - Draft Minutes of FGM ... - EIA for Solar Park Substation/2... · Subject: OIE 2: Solar-Ferrum Kraglyn - Konsep Notule van Vergadering gehou op 3 Julie

AANHANGSEL C - Besprekingsdokument 2 12726

KOMMENTAAR, VRAE EN KWESSIES GELEWER DEUR RESPONSE(S) Plaas: Vrolikheid Noord die twee Korridors hoër omgewingsensitiwiteit het.

Daar kan nie teen hulle aanbevelings gegaan word nie want dit sal teen die proses wees om hul aanbevelings te verontagsaam. Mathys Vosloo, Zitholele Consulting

1.3 Verneem ter bevestiging dat Korridor 1 en 2 uit is. VAN ZYL, Jan Grondeienaar Plaas: Schaapkloof

Soos genoem het al die spesialiste die Korridors geëvalueer as hoë omgewingsensitiewe areas. Warren Kok, Zitholele Consulting

1.4 Dit was herbevestig dat die hele proses oorgedoen moet word want Korridor 2 het baie minder erosie as wat Korridor 3 rondom die berge het. Daar is geen vertroue in spesialiste se werk nie.

PIETERSE, Pietie Grondeienaar Plaas: Vrolikheid Noord

Die teenwoordiges was meegedeel dat die Verslag ook die spesialiste se kwalifikasies insluit en versoek die teenwoordiges om die spesialiste se verslae deur te gaan en kommentaar daarop te lewer aangesien die teenwoordiges in die area bly en meer bekend is met die omgewing. Kommunikasie is ‘n twee-ringting aktiwiteit en soos versoek moet die teenwoordiges die verslag lees en terugvoer oor die spesialiste se identifisering en aanbevelings lewer. Nicolene Venter, Zitholele Consulting Daar word nie saamgestem met bogenoemde terugvoer nie. Alle insette word waardeer en as die spesialiste verkeerde inligting weergegee het is die teenwoordiges geregtig om kommentaar daarop te lewer. Warren Kok, Zitholele Consulting

1.5 Dit is die indruk dat daar geen problem met Alternatief 3 is tot by Paleis Heuvel nie en dit word aangeneem dat grondeienaars op daardie roete gekonsulteer is, maar van die punt af blyk daar problem te wees. Die vraag is waarom kan Korridor 3 nie al met die teerpad langs deur Olifantshoek gaan nie.

LUTTING, Frikkie Grondeienaar Plase: Vrolykheid Suid & Mount Leonard

Die probleem area is die berg. Die projekspan kan nie sien hoe ‘n hoogspanningkraglyn deur Olifantshoek kan gaan nie. Warren Kok, Zitholele Consulting Die teenwoordiges se aandag word daarop gevestig dat die Omgewingsaansoek vir ‘n 2km bree korridor is waarin die 55m serwituut geplaas kan word.

Page 15: 12726 - SPI Solar-FerrumPL - Draft Minutes of FGM ... - EIA for Solar Park Substation/2... · Subject: OIE 2: Solar-Ferrum Kraglyn - Konsep Notule van Vergadering gehou op 3 Julie

AANHANGSEL C - Besprekingsdokument 3 12726

KOMMENTAAR, VRAE EN KWESSIES GELEWER DEUR RESPONSE(S) Tot datum word daar baie wye draaie geloop en daar is reeds baie tyd en geld aan die projek spandeer en dit voel die projek kom niks verder nie.

Nicolene Venter, Zitholele Consulting

1.6 Dit word verneem of die teenwoordiges ‘n addisionele alternatief voorstel.

KOK, Warren Zitholele Consulting

Teenwoordiges bevestig in ‘n positiewe manier.

1.7 Dit word verneem of die impakstudie Korridors 3A, 3B, 3C, 3D en 3E nie afsonderlike geëvalueer was nie, want as dit afsonderlik geëvalueer word sal daar ‘n verskil tussen die Korridors wees.

GOOSEN, Chris Grondeienaar Plaas: Langkloof

Die omgewing is van so ‘n aard dat induviduele puntetellings nie die telling sal verander nie. Warren Kok, Zitholele Consulting

1.8 The attendees were requested that of the corridors presented at todays meeting, which one do they believe would be the most feasible one as a number of objections has been raised on them all.

.

MAPHANGA, Mfundo Eksom Holdings SOC Limited

Daar is weereens ‘n konsentrasie van boere op ‘n sekere gedeelte en die boere op Alternatiewe 1 en 2 is nie teenwoordig nie, dus sal dit onlogies wees om ‘n antwoord te gee en die teenwoordig kan nie namens hulle praat nie. Willie Storm, Grondeienaar

1.9 Mfundo Maphanga se vraag is gekorrigeer naamlik dat dit nie Korridors 1 & 2 insluit nie, maar slegs verband hou met Alternatief 3A tot 3E. Die teenwoordiges was versoek om die nie oor my plaas kwessie op sy te plaas en ingeligde kommentaar te gee oor watter een van die 5 opsies op Korridor E is die mees aanvaarbaarste.

VENTER, Nicolene Zitholele Consulting

Die projekspan is meegedeel om te kyk na die opsies wat tydens die Ferrum-Garona OIE ter tafel gestel was aangesien daar ‘n roete net suid van Olifantshoek deurgegaan het. Indien die opsie gevolg word sal dit onder die dorp verby gaan, oor munisipale grond by Langberg Stene weer by die N14 aansluit. Willie Storm, Grondeienaar

1.10 Die logika om weer van vooraf te begin deur met alle grondeienaars op al die Korridors vergaderings te hou blyk ‘n vermorsing van tyd en geld te wees. Dit word voorgestel dat daar op Korridor 3A tot 3E gekonsentreer word.

GOOSEN, Chris Grondeienaar Plaas: Langkloof

Dieselfde probleem mag ontstaan naamlik dat ‘n aanname gemaak word dat al die grondeienaars op Korridor 3 wel kennis dra en geen probleem met die Korridor het nie. Die besluit is dat ‘n stap terug geneem word en kyk wat is gedoen in terme van konsultasie, wat se die spesialis studie soos die puntetoekenning op “Soil” wat so hoog

Page 16: 12726 - SPI Solar-FerrumPL - Draft Minutes of FGM ... - EIA for Solar Park Substation/2... · Subject: OIE 2: Solar-Ferrum Kraglyn - Konsep Notule van Vergadering gehou op 3 Julie

AANHANGSEL C - Besprekingsdokument 4 12726

KOMMENTAAR, VRAE EN KWESSIES GELEWER DEUR RESPONSE(S) is op Korridor 1 & 2. Warren Kok, Zitholele Consulting

1.11 Die projekspan was ingelig dat hy langs bestaande paaie bly wat deur Eksom tot niet gery word en om die rede is die mees praktiese Korridor is langs die N14.

GOOSEN, Chris Grondeienaar Plaas: Langkloof

Tydens die Konsep Impakstudie fase is ‘n reeks publieke vergaderings gehou wat deur Konrad Kruger en Andre Joubert (van Zitholele Consulting) op die Korridors 1 & 2 gehou was en dit was tydens die vergaderings dat ‘n suidelike opsie (Korridor 3) geïdentifiseer was. Nou is die projekspan hier om ‘n korridor deur Olifantshoek te kry. Warren Kok, Zitholele Consulting

1.12 Dit was verneem of Korridors 1 en 2 heeltemal van die kaarte af is en word net die Upington Roete aanbeveel.

GAY, Patrick Grondeienaar Plaas: Omvrede

Korridors 1 en 2 word wel in die Verslag gehou sodat die Department kan sien hoe die Korridors geevalueer is. Mathys Vosloo, Zitholele Consulting

2. VELDBRAND KWESSIES

2.1 Die projekspan se aandag is daarop gevestig dat daar heelwat veldbrande op Korridor 3E in die berge voorkom.

STORM, Pieter Grondeienaar Plase: Makala & Searle

Die kwessie sal in die kwessie verslag vervat word. Dit is ook bevestig dat die kwessie ook per e-pos en tydens ‘n telefoniese gesprek geopper is en dit sal deel uitmaak van die kwessieverslag. Nicolene Venter, Zitholele Consulting

3. OMGEWINGIMPAKPROSES AANVERWANTE KOMMENTAAR

3.1 Versoek bevestiging dat die Finale Omgewingsimpakverslag teruggetrek gaan word.

VAN ZYL, Jan Grondeienaar Plaas: Schaapkloof

Dit word so bevestig. Warren Kok, Zitholele Consulting

3.2 Aangesien die nuwe projekspan relatief nuut is word dit verneem of hulle gekyk het wat is die wetlike voorskrifte van die verskillende proses en fases wat gevolg moet word. Dit sluit aan by wat die span die vorige dag in Dave Ford se kantoor gesê het en dit te herbevestig oor hoe die proses moet loop.

Met die identifisering dat daar van die grondeienaars op die voorkeur korridor nie gekonsulteer is nie was vir die projekspan ‘n groot probleem. Dit kan wel bevestig word dat daar ‘n goeie publieke deelname proses gevolg was en die bewyse daarvoor kan gelewer word.

3.3 In die ses (6) stappe van die proses reg gevolg en waar

Page 17: 12726 - SPI Solar-FerrumPL - Draft Minutes of FGM ... - EIA for Solar Park Substation/2... · Subject: OIE 2: Solar-Ferrum Kraglyn - Konsep Notule van Vergadering gehou op 3 Julie

AANHANGSEL C - Besprekingsdokument 5 12726

KOMMENTAAR, VRAE EN KWESSIES GELEWER DEUR RESPONSE(S) bevind die projekspan hulle nou?

Die vraag ontstaan dat met die publieke deelname proses wat gevolg was, het die projekspan hulself afgevra hoekom is daar grondeienaars wat nie gekonsulteer is nie. Die projekspan het dieper gegrou en het besef dat die probleem het ontstaan toe die suidelike korridor eers later in die proses as ‘n alternatief geidentifiseer is. Dit is besef dat die publieke deelname span nie teruggegaan en die geaffekteerde grondeienaars dienooreenkomstig in kennis gestel het nie. By navraag is Zitholele meegedeel dat hulle nie almal in die hande kon kry nie en daar is wel Agtergrondinligtingsdokumente op hekke vasgemaak. Die projek het begin kort na die wysiging in die Wetgewing. In die vorige Wetgewing was dit nie ‘n vereiste dat elke moontlik geaffekteerde grondeienaar van ‘n voorgestelde ontwikkeling in kennis gestel moet word voordat ‘n aansoekvorm by die Department ingedien is nie. Die aansoek aan die Department Omgewingsake was gedoen inlyn met die vorige Regulasies. Zitholele se publieke deelname span is tans besig met verdere konsultasie met grondeienaars. Die proses vorentoe is soos volg:

• Verslag terug trek by die Dept van Omgewingsake;

• die Verslag deurwerk en evalueer of die publieke deelname proses reg gevolg is (veral langs voorkeur korridor);

• die opgedateerde Verslag, met ‘n

Page 18: 12726 - SPI Solar-FerrumPL - Draft Minutes of FGM ... - EIA for Solar Park Substation/2... · Subject: OIE 2: Solar-Ferrum Kraglyn - Konsep Notule van Vergadering gehou op 3 Julie

AANHANGSEL C - Besprekingsdokument 6 12726

KOMMENTAAR, VRAE EN KWESSIES GELEWER DEUR RESPONSE(S) dekkingsbrief, tydens afsprake aan alle grondeienaars op voorkeur korridor te gee;

• tyd toe te staan aan grondeienaars om deur die opgedateerde Verslag te werk om kommentaar daarop te kan lewer; en

• die Verslag te finaliseer vir indiening aan die Dept van Omgewingsake

Zitholele wil nie in ‘n situasie wees waar grondeienaars, veral op die voorkeurroete, nie kennis dra van die projek en die korridor nie. Insette / besware ontvang op die Hersiende Verslag sal aan die Dept van Omgewingsake uigelig word. Warren Kok, Zitholele Consulting

3.4 Dit was genoem en wil bevestig dat daar met elke grondeienaar gaan sit en verneem of dit ook ‘n fisiese terrein besoek gaan insluit aangesien geen omgewingspesialis op genoemde eiendom was nie. Dit is ‘n wildplaas met eksotiese wild.

JACOBS, Antonie Grondeienaar Plase: Spence & Lewis

Die proses wat die spesialiste gebruik tydens ‘n impakstudie is dat almal van dieselfde aanname af werk bv. Hulle raadpleeg bestaande inligting / data beskikbaar en om as voorbeeld te gebruik die voëlstudie (Avifauna) maak gebruik van die SA Bird Atlas, doen self “spot checks” van plantegroei, kyk waar is die area kom watter tipe voël voor, ens. Die Avifauna specialist was wel vyf (5) dae in die veld. Elke spesialis kan nie fisies uitgaan na elke plaas om te kyk wat is die situasie daar nie. Mathys Vosloo, Zitholele Consulting Die spesialiste maak ook gebruk van lugfotos en as daar ‘n spesifieke area van kommer is gaan hulle uit vir ‘n gedetaleerde ondersoek. Wanneer Zitholele die grondeienaars besoek met die Verslag, dan sal die geleentheid daar wees om

Page 19: 12726 - SPI Solar-FerrumPL - Draft Minutes of FGM ... - EIA for Solar Park Substation/2... · Subject: OIE 2: Solar-Ferrum Kraglyn - Konsep Notule van Vergadering gehou op 3 Julie

AANHANGSEL C - Besprekingsdokument 7 12726

KOMMENTAAR, VRAE EN KWESSIES GELEWER DEUR RESPONSE(S) insette te lewer oor wat op die plaas voorkom en dié inligting sal dan aan die betrokke spesialis(te) deurgegee word. Indien die spesialiste, na evaluering van die insette, bevestig dat adisionele spesialiswerk nodig is, sal Zitholele die nodige instruksie deurgee vir verdere studies voordat die Hersiende Finale Verslag aan die publiek beskikbaar gestel word vir insae en na die insae-tydperk aan die Departement ingedien word vir oorweging en besluitneming. Warren Kok, Zitholele

3.5 As grondeienaars die geleentheid gegun word soos genoem in punt 3.4, is ek tevrede met die proses.

Genotuleer.

3.6 Versoek grondeienaars dat indien daar enige problem op die korridor is, dit nou uitgewys moet word voordat onderhandelinge begin. Met die onlangse besoek aan Alternatief 3E ontstaan die vraag hoe die spesialiste hul detail studies in die bergreeks gedoen het. Dit word verneem daar vir die projek dalk te veel “desk top” studies gedoen is in plaas van veld werk en is dit voorskriflik in die Regulasies dat elke eiendom besoek moet word.

VAN DER MERWE, Koos Onderhandelaar: Eskom Holdings SOC Limited

Die proses wat gebruik word om die studies te doen is om op hoë vlak goeie spesialiste wat professioneel geregistreer is en wat aanvaarbare standaarde het, te gebruik. Die manier om hierdie tipe studies te nader begin met ‘n “desktop” study bv sodra die plantegroei in ‘n omgewing bevestig is, maak nie saam watter tipe plantegroei op watter plaas nie, is daar nie rede om elke plaas te besoek nie. Inligting oor eiendom spesifieke kwessies word ook ontvang deur die publieke deelname proses. Warren Kok, Zitholele Consulting

3.7 Wil net graag die geleentheid gegun word om vir een van die projekspan lede te wys wat is op my eiendom.

JACOBS, Antonie Grondeienaar Plase: Spence & Lewis

Met verwysing na Warren Kok se vorige terugvoer, kan dit bevestig word dat as daar ‘n spesiale versoek is dat ‘n eiendom besoek moet word, is dit nie ‘n probleem nie. Mathys Vosloo, Zitholele Consulting

3.8 Die roete vir hierdie proses loop weer verkeerd. Die proses sê as daar ‘n Omgewingimpakstudie gedoen word moet die Omgewingsimpakverslag by ons te lande kom

VAN ZYL, Jan Grondeienaar Plaas: Schaapkloof

Mnr Van Zyl se aandag is op die Titel van die e-pos gevestig naamlik dat daardie e-pos verband hou met die Gewysigde Omgewingsmagtiging vir die wat vir

Page 20: 12726 - SPI Solar-FerrumPL - Draft Minutes of FGM ... - EIA for Solar Park Substation/2... · Subject: OIE 2: Solar-Ferrum Kraglyn - Konsep Notule van Vergadering gehou op 3 Julie

AANHANGSEL C - Besprekingsdokument 8 12726

KOMMENTAAR, VRAE EN KWESSIES GELEWER DEUR RESPONSE(S) en almal het geleentheid om kommentaar daarop te lewer. As die Wet reg verstaan word die Finale Omgewingsimpak-verslag, nadat kommentaar ontvang is, by die Departement ingedien vir besluitneming en die Departement reik daarna die ROD uit. Dan word daar weer ‘n geleentheid gebied om te appeleer. Dit was bevestig dat die Verslag terug getrek is, maar gister is ‘n e-pos van Nicolene ontvang wat sê dat die ROD vrygestel is.

CSP (Concentrating Solar Plant) projek in 2007 toegestaan is, deur die Departement aanvaar is. Die CSP ontwikkelling is in Upington. Die rede hoekom grondeienaars die e-pos ontvang het is die verwantskap tussen die CSP en die kraglyn projek. Nicolene Venter, Zitholele Consulting Tydens die tydverloop tussen die ROD (2007) en die konstruksie tydperk het die tegnologie verander en die ingenieurs het die konsepontwerp aangepas wat te weeg gebring het dat die voetspoor (foot print) vergroot het aangesien die getal heliostats vermeerder het. Warren Kok, Zitholele Consulting

Page 21: 12726 - SPI Solar-FerrumPL - Draft Minutes of FGM ... - EIA for Solar Park Substation/2... · Subject: OIE 2: Solar-Ferrum Kraglyn - Konsep Notule van Vergadering gehou op 3 Julie

AANHANGSEL C - Besprekingsdokument 9 12726

KOMMENTAAR, VRAE EN KWESSIES GELEWER DEUR RESPONSE(S) 3.9 Die versoek was gerig dat die projekspan dit moet

aanvaar dat almal teenwoordig nie vertroue in die spesialiste se werk het nie en versoek ook dat Zitholele terug gaan tekenbord toe en die proses oordoen deur die spesialiste uit te stuur na elke eiendom. Die versoek spruit uit die wantroue wat uitgespreek word rakende die tellings wat aan sekere studies toegeken is.

VAN ZYL, Jan Grondeienaar Plaas: Schaapkloof

Onbeantwoorde vraag - Aanvullende antwoord: Die projek span het geen rede tot wantroue in die spesialiste se vemoë nie. Soos vroeer vermeld het die spesialiste die nodige kwalifikasies jare ervaring in elk se betrokke spesialis veld. Tensy daar nie spesifieke feite of stellinge deur die grondeienaars uitgewys word wat hergeevalueer sal word deur die projek span en die betrokke spesialis nie, sal die spesialis verslae onveranderd bly. Ons het die proses of daardie fase gestop om dit te korrigeer. Om die hele preses van voor af te onderneem is nie nodig nie aangesien die proses, nou insluitend die insette van oningeligte grondeienaars, gevolg is en herevalueering van die verslag met additionele insette weer gedoen sal word en in ag geneem sal word voordat finale gevolgtrekkinge gemaak sal word.

3.10 Die voorstel was gemaak dat voordat die Verslag aangepas word, dat die teenwoordiges hul kommentare op skrif stel en dan deurstuur aan Zitholele.

JACOBS, Antonie Grondeienaar Plase: Spence & Lewis

Die CD wat by die vergardering uitgedeel is bevat die volledige Verslag (soos dit nou staan), insluitende die spesialis studies en wanneer die skriftelike kommentaar ontvang is sal dit aan die spesialiste deurgegee word. Mathys Vosloo, Zitholele Consulting

3.11 Ter ondersteuning van Frikkie Luttig se kommentaar van ‘n alternatiewe roete deur Olifantshoek, word die versoek gerig dat al die opsies, so 30km voor Olifantshoek, heroorweeg word. Dit word verder versoek dat die spesialiste nou fisies grond toe kom en nie meer Google en lugfotos gebruik nie, maar met elke grondeienaar kom gesels oor die impakte op sy eiendom dan sal almal by ‘n logiese

STORM, Willie Grondeienaar Plaas: Johnson

Daar moet ook in ag neem hoeveel tyd en geld so ‘n proses in beslag sal neem om by dieselfde slotsom uit te kom. Ongeag die tydperk wat die spesialis in die veld spandeer, sal dieselfde slotsom bereik word. Zitholele se spesialiste is welbekend en het verskeie OIEs gedoen en goeie verwysings en ondervinding in die area. Spesialis-studies kan met ‘n kombinasie van baie aspekte gedoen word, maar, dit word weereens bevestig, afhangende van die

Page 22: 12726 - SPI Solar-FerrumPL - Draft Minutes of FGM ... - EIA for Solar Park Substation/2... · Subject: OIE 2: Solar-Ferrum Kraglyn - Konsep Notule van Vergadering gehou op 3 Julie

AANHANGSEL C - Besprekingsdokument 10 12726

KOMMENTAAR, VRAE EN KWESSIES GELEWER DEUR RESPONSE(S) antwoord uitkom. kommentare ontvang, dat spesialiste individuele

grondeienaars dalk sal besoek. Mathys Vosloo, Zitholele Consulting Om net een van die spesialiste wat wel in die omgewing was te noem is die Biodiversiteitspesialis. Sy besoek was tydens die bou van ‘n pad in die omgewing, moontlik ‘n Eskom serwituut pad. Die spesialis het ook n verlengde tydperk in die veld spandeur. Die pad vorentoe vir die projek was weereens aan die teenwoordiges uitgewys. Warren Kok, Zitholele Consulting

3.12 Die projekspan is meegedeel dat alhoewel hy nie weet wie die spesialiste is wat Zitholele gebruik het nie, het hy geen vertroue in hulle nie en hy neem Zitholele nie kwalik dat hulle ‘n verkeerde besluit geneem het nie. Hy stel voor dat die projekspan terug gaan na die spesialiste of ‘n nuwe groep aanstel om die OIE reg te doen, en dan sal Zitholele 90% op die regte pad wees want dan het hulle feite om hom as boer te oortuig. Dit kan met vertroue gespreek word dan op 3E geen plaas besoek is nie.

VAN ZYL, Jan Grondeienaar Plaas: Schaapkloof

Met die bekendstelling van die projek was al die

korridors nie bekend nie en met die verloop van die

publieke deelname proses is addisionele korridors

geïdentifiseer. ‘n OIE proses kan nie terug geneem

word na die begin punt wanneer ‘n addisionele

korridor geïdentifiseer of deur die publiek voorgestel

word nie. Dié alternatiewes word deel van die OIE

proses en regtelik moet nuwe geaffekteerde

eienaars op die nuwe alternatief/alternatiewes in

kennis gestel word.

Toe die projekspan tot die besef gekom het dat nie

alle grondeienaars op nuwe alternatiewes

geïdentifiseer was nie, is die Finale Verslag (verwys

ook na antwoord van punt 3.3) teruggetrek en

verdere konsultasie met grondeienaar sal

onderneem word wat een-tot-een konsultasie met

Page 23: 12726 - SPI Solar-FerrumPL - Draft Minutes of FGM ... - EIA for Solar Park Substation/2... · Subject: OIE 2: Solar-Ferrum Kraglyn - Konsep Notule van Vergadering gehou op 3 Julie

AANHANGSEL C - Besprekingsdokument 11 12726

KOMMENTAAR, VRAE EN KWESSIES GELEWER DEUR RESPONSE(S) grondeienaar sal insluit, ‘n fokusgroepvergadering

met grondeienaars, indien nodig, en die

beskikbaarstelling van die Hersiende Finale OIE

Verslag vir publieke insae en kommentaar voor

finalisering en indiending by die Departement.

Kontak sal met Konrad Kruger gemaak word aangesien hy grootendeels van die spesialis werk gedoen het en Zitholele sal vasstel of hy die span kan vergesel met hulle besoek. Hy het baie tyd in veld spandeer en dit is verbasend om te hoor dat hy nie kontak met van die boere gemaak het nie. Dit word versoek dat hy die geleentheid gegun word om terugvoer te gee en as die grondeienaars nog steeds nie gelukkig is met sy werk nie, sal sy verslag vir hersiening (peer review) gestuur word om te sien of die spesialiststudies aanvaarbaar is en die impakte op sensitiewe areas korrek geidentifiseer is, en dit op Zitholele se koste. Warren Kok, Zitholele Consulting

3.13 Verneem of Zitholele ook die ander alternatiewe roetes by die Department indien of net die aanbeelde alternatief.

In die Verslag aan die Departement word die hele OIE proses uiteengesit bv die Alternatiewes waarmee die proses begin is, hoe die Alternatiewes verander het, hoe die vergelykende evaluering (comparative assessment) gedoen is, en hoe Zitholele op einde by die aanbeveelde Alternatief uitgekom het. Alle byvoegings word aangeheg soos kwessie verslag, alle korrespondensie ontvang ens. Die Department verwag van Omgewingskonsultante om aanbevelings te maak. Warren Kok, Zitholele Consulting

3.14 Dit is juis die feit dat Zitholele ‘n aanbeveling aan die Met verwysing na vorige opsommings oor die proses

Page 24: 12726 - SPI Solar-FerrumPL - Draft Minutes of FGM ... - EIA for Solar Park Substation/2... · Subject: OIE 2: Solar-Ferrum Kraglyn - Konsep Notule van Vergadering gehou op 3 Julie

AANHANGSEL C - Besprekingsdokument 12 12726

KOMMENTAAR, VRAE EN KWESSIES GELEWER DEUR RESPONSE(S) Departement gaan maak dat die vraag gevra is. As dit die proses is, sal Zitholele ‘n totale nuwe Impakstudie op Alternatiewe 1, 2 en 3 moet doen, anders word foutiewelike inligting aan die Departement deurgegee.

vorentoe, is dit genoem dat Zitholele een tree terug gaan vat en met die inligting wat nou verkry word, sal die Verslag aangepas word. Daar is ook die moontlikheid dat nadat die Verslag gelees is kan grondeienaars se mening verander. Sou dit nodig wees om verskeie roetes aan te pas, sal dit gedoen word. Warren Kok, Zitholele Consulting

3.15 Dit was verneem of grondeienaars op die ander Alternatiewe aangedui het dat die Alternatief wat hulle raak aanvaar moet word. Indien nie, word die vraag gevra waarom moet addisioele geld gespandeer word en tyd vermors word om weer die Alternatiewe te evalueer. Die proses en Alternatief het gekom tot waar dit by die vergadering bespreek is.

VAN DER MERWE, Francois Grondeienaar Plaas: Mooiplaats

Sou nuwe inliting tot lig kom is Zitholele bereid om weer daarna te kyk. As geen beswaar het of additionele inligting geopper word nie, gaan Zitholele nie noodwendig weer daarna kyk nie. ‘n Kwessie wat reeds geopper is, nl Grond (Soil) puntetelling sal aangespreek word. Indien ander kwessies nie geopper word nie, sal daardie spesialis-studie onveranderd bly Warren Kok, Zitholele Consulting. Soos vervat in punt 1.2, word dit weereens bevestig Zitholele nie teen die aanbevelings gemaak deur die spesialiste kan gaan nie. Zitholele moet binne die raamwerk van die spesialiste werk. Indien inligting in die spesialiste se verlag nie korrek is nie of bevraagteken word, sal dit met die spesialis opgeneem word. Mathys Vosloo, Zitholele Consulting Indien heelwat besware ontvang word, het Zitholele geen probleem om die spesialiste aan te spreek om hul studie weer te doen en hulle uitstuur veld toe nie. Warren Kok, Zitholele Consulting

4. FINALE OMGEWINGSVERSLAG AANVERWANTE KOMMENTAAR

4.1 Verneem dat wanneer die telling opgedateer is, sal die opgedateerde bladsye aan grondeienaars beskikbaar

GAY, Patrick Grondeienaar

Die opgedateerde bladsye sal in die Hersiende Finale Omgewingsimpakverslag vervat word.

Page 25: 12726 - SPI Solar-FerrumPL - Draft Minutes of FGM ... - EIA for Solar Park Substation/2... · Subject: OIE 2: Solar-Ferrum Kraglyn - Konsep Notule van Vergadering gehou op 3 Julie

AANHANGSEL C - Besprekingsdokument 13 12726

KOMMENTAAR, VRAE EN KWESSIES GELEWER DEUR RESPONSE(S) wees.

Plaas: Omvrede Mathys Vosloo, Zitholele Consulting

4.2 Versoek dat die puntetelling verduidelik word.

Die telling, 1 tot 7, is soos volg verteenwoordigend:

• 0 = min sensitiwiteit en nie nodig om in ag te neem nie

• 1 = baie laag

• 7 = sensitiwiteit baie hoog Elke omgewingspesialis in die span doen afsonderlik hulle tellingbepaling en kollektief word daar ‘n telling toegeken aan elke korridor. In die Verslag word daar volledig verduidelik wat elke telling verteenwoordig en hoe die korridor volgens die onderskeie spesialiste se evaluering, geposisioneer is (ranking). Mathys Vosloo, Zitholele Consulting Die tellingtoekenning is soos volg:

• 0 = word nie in ag geneem nie

• 1 = minste sensitief

• 3 = matig • 5 = hoog

• 7 = baie hoog Warren Kok, Zitholele Consulting

4.3 Verneem of die totale Verslag teruggetrek en ‘n nuwe Verslag opgestel word want hy stem nie saam met die punte toekenning op Korridor 1 (noordelike korridor) want dit stem nie ooreen met sy kennis van dié omgewing nie.

GOOSEN, Chris Grondeienaar Plaas: Langkloof

Wanneer die projekspan u kom besoek kan u hierdie spesifieke vra rondom die spesialiste-bevindinge vra en hulle sal deur die spesialis se verslag gaan en antwoorde kan voorsien hoekom daardie stelling gemaak is en hoe die spesialis by die puntetoekenning uitgekom het. Bevestig dat bestaande Verslag opgedateer gaan

Page 26: 12726 - SPI Solar-FerrumPL - Draft Minutes of FGM ... - EIA for Solar Park Substation/2... · Subject: OIE 2: Solar-Ferrum Kraglyn - Konsep Notule van Vergadering gehou op 3 Julie

AANHANGSEL C - Besprekingsdokument 14 12726

KOMMENTAAR, VRAE EN KWESSIES GELEWER DEUR RESPONSE(S) word om die nuwe inligting wat ontvang word bv as die puntetellings verander of die impakverklaring aangepas word. ‘n Hele nuwe Verslag sal nie opgestel word nie. Warren Kok, Zitholele Consulting

4.4 Vrae ter bevestiging en veduideliking rondom die “Soil, Land and Topography” is gelig en dit was verneem hoekom Korridor 2 so ‘n hoë telling het.

GOOSEN, Chris Grondeienaar Plaas: Langkloof

Die hoë telling is as gevolg van die groot risiko vir erosie in die area. Mathys Vosloo, Zitholele Consulting Die Grondspesialis (Soil) se studies het bevind dat daar verskuiwende duine op Korridor 1 en 2 voorkom. Warren Kok, Zitholele Consulting

4.5 Na aanleiding van Warren Kok se antwoord word dit verneem op watter plase op Korridor 2 kom hierdie verskuiwende duine voor.

Die bevinding is vervat in die Verslag en Grondspesialis is beter gekwalifiseerd om ‘n antwoord te voorsien. Mnr Goosen was versoek om sy bekommernis op skrif te sit en aan Zitholele deur te stuur waarna dit aan die betrokke spesialis deurgegee sal word vir antwoorde. Die teenwoordiges was meegedeel dat die projekspan nie in ‘n argument betrokke gaan raak of spesialiste gekwalifiseerd is al dan nie, en of hul studies korrek is. Teenwoordiges word versoek om hul kommentaar oor die spesialis-studies op skrif te sit sodat daar amptelik daarom gereageer kan word. Warren Kok, Zitholele Consulting

Page 27: 12726 - SPI Solar-FerrumPL - Draft Minutes of FGM ... - EIA for Solar Park Substation/2... · Subject: OIE 2: Solar-Ferrum Kraglyn - Konsep Notule van Vergadering gehou op 3 Julie

AANHANGSEL C - Besprekingsdokument 15 12726

KOMMENTAAR, VRAE EN KWESSIES GELEWER DEUR RESPONSE(S) 5. KONSULTASIE AANVERWANTE KWESSIES

5.1 Met verwysing na Alternatief 3E word dit verneem wanneer is die Alternatief ingebring, waar is dit bespreek en hoe is dit aan die grondeienaars gekommunikeer.

JACOBS, Antonie Grondeienaar Plase: Spence & Lewis

Alternatief 3E was ingebring en bespreek in die Finale Bestekopname verslag wat beskikbaar was vir publieke insake en kommentaar in vroeg 2012. Dr Mathys Vosloo, Zitholele Consulting

5.2 Aansluitend by bogenoemde antwoord, was die projekspan ingelig dat hy as grondeienaar in die Kaap woonagting is en het kennis van die projek ontvang van ‘n plaaslike boer in die omgewing. Dit was ook genoem dat die feit dat ‘n e-pos van Zitholele ontvang is met die versoek vir grondeienaars se kontakinligting in ‘n swak lig gesien word. Die beteken duidelik dat die grondeienaars nie aanvanklik geken is nie. Dit word versoek dat grondeienaarsinligting op Alternatief 3E aan hom deurgegee word.

Aanvullende antwoord: ‘n Versoek, per e-pos en/of SMS sal aan die geaffekteerde grondeienaars op Alternatief 3E gestuur word, nadat die konsep notule uit is vir insette, om grondeienaars se toestemming te verkry dat hul kontakinligting aan die teenwoordige bekend gemaak mag word. Me Nicolene Venter, Zitholele Consulting

5.3 Dit was genoem dat dit nie aanvaarbaar is dat die vorige projekspan verwyt word nie, die nuwe span moes hulle voetwerk reg gedoen het en die vraag word gevra of dit werklik die geval was of maar net ‘n manier is om ‘n verskoning te kry. Die algemene kommunikasie is nie deurlopend goed genoeg nie en as voorbeeld van ‘n persoonlike insident is waar telefonies gekontak is en ‘n e-pos uitgestuur is om te sê ‘n vergadering word belê en die tyd en lokaal sal bekend gemaak word. Op die einde moes dar self kontak gemaak word om op te volg om dan te verneem die vergadering is uitgestel na ‘n volgende datum. Die vraag word gevra of dit ‘n manier is om so min as moontlik mense by die vergadering te hê.

STORM, Willie Grondeienaar Plaas: Johnson

Verskoning word aangeteken oor die kommunikasie wat verband hou met die betrokke vergadering en bevestig dat dit nie aanvaarbaar is nie. Die kwessie oor die verskeie ontwikkelings in die area kan dit bevestig word dat dit oor die hele land is waar grondeienaars deur bv. nywerhede, myne ens geraak word. Zitholele kan nie die situasie verander nie en dit kan genoem word dat as onafhanklik konsultante word ons meestal in dieselfde boot as die klient geplaas. As onafhanklike konsultante ontvang ons kommentaar en die projekspan werk dit in die Proses in.

Page 28: 12726 - SPI Solar-FerrumPL - Draft Minutes of FGM ... - EIA for Solar Park Substation/2... · Subject: OIE 2: Solar-Ferrum Kraglyn - Konsep Notule van Vergadering gehou op 3 Julie

AANHANGSEL C - Besprekingsdokument 16 12726

KOMMENTAAR, VRAE EN KWESSIES GELEWER DEUR RESPONSE(S) Die stelling is gemaak dat boere is genoeg geboelie as gevolg van hul goedgelowigheid. Elkeen maak soos hy wil. Zitholele se konsultasie werk is nie op standaard aangesien die boere onder mekaar organiseer en dan hoop Zitholele maar almal woon nie die vergadering by nie – bevestig nie dat dit is so nie - maar dit is die gevoel. Dit word versoek dat Zitholele hulle proses reg moet volg aangesien boere nie push overs is nie.

Die projek is al in proses vir ‘n baie lang tyd en die stelling is dalk korrek dat die huidige span nie hulle huiswerk gedoen het nie, maar nou loop ons ‘n pad vorentoe en vra vir u samewerking. Warren Kok, Zitholele Consulting

5.4 Ter aansluiting by Willie Storm, word dit genoem dat as ‘n professionele persoon in sy beroep loop Zitholele die gevaar van professionele aanspreeklikheid nl. Zitholele kan nie hulle naam onderteken op iets wat nie gebeur het nie want dit is nie so moeilik om eienaars in die hande te kry nie.

JACOBS, Antonie Grondeienaar Plase: Spence & Lewis

Onbeantwoorde vraag - Aanvullende antwoord: Die verslag is gefinaliseer met die aanname dat alle geaffekteerde en belanghebbende partye n redelike kaans gehad het om insae te lewer. Toe dit aan die lig gekom het dat van die grond eienaars nie persoonlik kennis gedra het nie is die proses, gedurende konseltasie met van hierdie eienaars, gestop om verdere konsultasie to onderneem. Zitholele onderneem n deursigtige konsultasie proses en as die proses vanaf October 2011 tot nou toe geevalueer word sal daar gevind word dat Zitholele op meer as een keer n stappie terug gevat, grond eienaars se voorstelle ondersoek het en ingesluit het in die proses. Selfs op hierdie laat stadium van die proses het Eskom en Zitholele onderneem om n verdere variasie van corridor 3 te ondersoek.

5.5 The attendees were informed that the consultation process will continue as negotiations between Eskom and landowners still needs to take place. He confirmed that he attended numerous meetings that were held in the study area of which a few were here in Olifantsfontein.

MAPHANGA, Mfundo Eksom Holdings SOC Limited

Page 29: 12726 - SPI Solar-FerrumPL - Draft Minutes of FGM ... - EIA for Solar Park Substation/2... · Subject: OIE 2: Solar-Ferrum Kraglyn - Konsep Notule van Vergadering gehou op 3 Julie

AANHANGSEL C - Besprekingsdokument 17 12726

KOMMENTAAR, VRAE EN KWESSIES GELEWER DEUR RESPONSE(S) The result of Corridor 3 was due to the public participation process whereby attendees at meetings recommended that the N14 be considered as an alternative. Also, a helicopter flight took place over the whole study area for the team to familiarise themselves with the study area. Corridor 3 along the N14 became more preferred also from a maintenance point of view as new roads would need to be constructed for Corridor 1 and 2. A route along the N14 and then join the existing power lines to Ferrum was proposed but due to a landowner issue, the next best environmentally feasible route has been selected. Cognisance needs to be taken of the fact that on a project of this scale (120km long and 2km wide) that some landowners could have been missed during the consultation process. However, the consultation does not stop here. Now that there is a recommended route Eskom is in a position to commence with negotiate with landowners to established where best to locate the power lines. Eskom does take into consideration the comments received from landowners and the recommendations made by the specialists in their Reports. Most importantly, landowners are the specialist on their properties. At this point of the EIA, Eskom will continue with consulting with landowners by visiting each and every farm on the preferred Corridor. It is also important for Eskom to have good relationship with landowners especially during the operational phase where access to the farms is required.

Page 30: 12726 - SPI Solar-FerrumPL - Draft Minutes of FGM ... - EIA for Solar Park Substation/2... · Subject: OIE 2: Solar-Ferrum Kraglyn - Konsep Notule van Vergadering gehou op 3 Julie

AANHANGSEL C - Besprekingsdokument 18 12726

KOMMENTAAR, VRAE EN KWESSIES GELEWER DEUR RESPONSE(S) Consultation does not end after the EIA as each and every farm affected, as registered with the DEEDS Office will be consulted by Eskom. The area around Olifantshoek does have a number of landowners’ issues, and that is relevant to all the Corridors. However, at the end of the day the power line needs to go somewhere.

5.6 Spreek sterk frustrasie uit oor die “boelie” taktiek wat gebruik word. Daar is verwys na:

• Eskom het nie ‘n Beleid in plek vir instandhouding van serwitute nie;

• Baie tyd en geld word aan Impakstudies spandeer maar die inligting gaan nie deur na die kontrakteurs wat aangestel word nie;

• Eskom het nie ‘n lys van kontak inligting van grondeienaars waar lyne deurgaan nie;

• Afsaag van Witgatbome wat op die punt van die serwituut staan wat onnodig is;

Verwysing is gemaak na Zitholele se taktiek om die vorige projekspan te blameer. Versoek dat die spesialiste uitkom en hulself vertroud kry met die frustrasies waarmee boere sit en hoe boere gestoomroller word. Werk saam met die boere en ‘n gemoedelike pad sal gevind word.

STORM, Willie Grondeienaar Plaas: Johnson

Genotuleer en sal deurgegee word na Eskom toe.

5.7 Die projekspan word meegedeel dat die geaffekteerde grondeienaars op Korridor 3E ‘n skriftelike dokument met probleem areas op 3E gee aan Zitholele sal deurgee.

VAN ZYL, Jan Grondeienaar Plaas: Schaapkloof

Die skriftelike kommentaar word verwelkom en dit word bevestig dat alle kommentare wat ontvang is die afgelope tyd saamgevat sal word in kwessie en antwoorde verslag. Dit is insluitend van al die e-poste en briewe ontvang en antwoorde daarop verskaf word.

Page 31: 12726 - SPI Solar-FerrumPL - Draft Minutes of FGM ... - EIA for Solar Park Substation/2... · Subject: OIE 2: Solar-Ferrum Kraglyn - Konsep Notule van Vergadering gehou op 3 Julie

AANHANGSEL C - Besprekingsdokument 19 12726

KOMMENTAAR, VRAE EN KWESSIES GELEWER DEUR RESPONSE(S) Nicolene Venter, Zitholele Consulting

5.8 Wanner verwag Zitholele sal die Hersiende Verslag gereed wees en hoe sal insae in die Final Verslag beskibkaar wees.

Ongeïdentifiseerde Teenwoordige

Dit is moeilik om te sê maar dit is die verwagting dat die Verslag tentatief oor ‘n maand gereed sal wees. Mathys Vosloo, Zitholele Consulting

5.9 Verskil met Mathys Vosloo wat aandui dat alle grondeienaars binne die volgende maand besoek gaan word. Die proses moet reg gedoen word deurdat die totale impakstudies eers oorgedoen word.

VAN ZYL, Jan Grondeienaar Plaas: Schaapkloof

Die studies sal oorgedoen word indien nodig. Die proses soos uiteengesit in Punt 7 is wat besluit is. Warren Kok, Zitholele Consulting

5.10 Ondersteun Jan van Zyl se punt dat een maand onvoldoende gaan wees en dat Zitholele meer na 3 maande moet kyk.

STORM, Willie Grondeienaar Plaas: Johnson

Genotuleer.

5.11 Dit word verneem of daar weer ‘n vergadering sal wees voordat die Finale Verslag ingedien word.

Ongeïdentifiseerde Teenwoordige

Indien dit versoek word vir die Hersiende Verslag. Mathys Vosloo, Zitholele Consulting

5.12 Verslae word gewoonlik in Biblioteke gelaat en dit is moeilik om tyd af te staan en te gaan lees.

Ongeïdentifiseerde Teenwoordige

Alle grondeienaars sal ‘n CD van die Hersiende Finale Verslag ontvang. Nicolene Venter, Zitholele Consulting

6. ALGEMENE KWESSIES

6.1 Die implikasie van ‘n kraglyn op ‘n persoon se eiendom is aan teenwoordiges verduidelik veral rondom erosie en Eskom se serwituut onderhoud proses.

STORM, Willie Grondeienaar Plaas: Johnson

Die projekspan het by ‘n vorige geleentheid Mnr Storm se eiendom besoek om eerstehandse kennis te kry van die problem op sy eiendom en dit is deurgegee aan Eskom. Nicolene Venter, Zitholele Consulting Bevestig weereens dat alle kommentaar ontvang by die vergadering aan die spesialiste deurgegee sal word en hulle versoek om hul verslae te hersien en waar nodig hul tellings aan te pas. Warren Kok, Zitholele Consulting

6.2 Die volgende punte was geopper ter bevestiging voordat die verteenwoordige die vergadering moes verlaat om ‘n ander vergadering te gaan bywoon:

JACOBS, Antonie Grondeienaar Plase: Spence & Lewis

Page 32: 12726 - SPI Solar-FerrumPL - Draft Minutes of FGM ... - EIA for Solar Park Substation/2... · Subject: OIE 2: Solar-Ferrum Kraglyn - Konsep Notule van Vergadering gehou op 3 Julie

AANHANGSEL C - Besprekingsdokument 20 12726

KOMMENTAAR, VRAE EN KWESSIES GELEWER DEUR RESPONSE(S) • Grondeienaars gaan geken word;

• Die proses is gestop;

• Almal die geleentheid gegun word om kommentaar te lewer; en

• 3E se grondeienaars nie een geken is nie. Bedank Chris Goosen dat hy hom in kennis gestel het en die moeite gedoen. Sien die proses as boelie taktiek toe daar problem op suidelike alternatief was toe is 3E geen geleentheid gegun word. Besoek te kry, elkeen het probleem. As proses klaar en die uitkoms is dieselfde sal dit aanvaar word, maar vra net billike geleentheid. Die 9km strook sal ‘n lang onderhandeling vir Eskom wees. Teenwoordiges is meegedeel dat Carte Blanche op bystand is sou daar enige problem wees – hulle is bereid om alles op film vas te lê.

6.3 Die finale verslag wat by die Departement ingedien word, word dit weer vir alle geaffekteerde grondeienaars op al die alternatiewes beskikbaar gestel.

VAN ZYL, Jan Grondeienaar Plaas: Schaapkloof

Alle geregistreerde belanghebbende en/of geaffekteerde partye wat op die projek se databasis geregistreer is, insluitende alle grondeienaars, sal die geleentheid gebied word. Nicolene Venter, Zitholele Consulting

6.4 Het konstruksie aan die sonkragprojek en aangesien die aanleg van son afhanklik is en nie krag in die nag kan produseer nie is dit die moeite werd om kraglyne na Kathu toe te bring? Waarom nie die krag in Upington gebruik nie.

Ongeïdentifiseerde Teenwoordige

Omgewingsmagiting is onlangs verkry en sover ons kennis strek is daar nog nie met konstruksie begin nie. Die CSP projek is een van vele kragopwekkings projekte in die area en die CSP sal sowat 100MW opwek. Daar is ook twee ander sonkragprojekte in die area en dit word verwag dat oor die langtermyn sal daar 1GW geproduseer word. Die Solar-Ferrum kraglyn is een van 5 kraglyn projekte vanaf Upington.

Page 33: 12726 - SPI Solar-FerrumPL - Draft Minutes of FGM ... - EIA for Solar Park Substation/2... · Subject: OIE 2: Solar-Ferrum Kraglyn - Konsep Notule van Vergadering gehou op 3 Julie

AANHANGSEL C - Besprekingsdokument 21 12726

KOMMENTAAR, VRAE EN KWESSIES GELEWER DEUR RESPONSE(S) Warren Kok, Zitholele Consulting

6.5 Wat maak Upington se son soveel beter as Kathu? VAN ZYL, Jan Grondeienaar Plaas: Schaapkloof

Die kwessie is nie alleenlik oor die sonsterkte nie, maar is ook baie afhanklik van terrein bv dit moet so plat as moontlik wees. Die panele word ook ontwerp om by die sonsterkte aan te pas. En dit is uitgelig dat die sonkragaanleg naby ‘n water bron moet wees. Warren Kok, Zitholele Consulting

7. PROSES VORENTOE

Die proses vorentoe, na die insette wat tydens die vergadering bekom is, verskil van die wat in die aanbiedingsmateriaal is en die proses is: 1. Mathys Vosloo, Warren Kok en Nicolene Venter (gesamentlik of opgedeel) gaan elke grondeienaar op Alternatief 3 (insluitende A, B, C, D & E)

besoek om spesifieke kwellinge op hul plase uit te wys en kommentaar geopper te notuleer. 2. Die kommentare sal op ‘n kaart vasgelê word wat aan die spesialiste deurgegee sal word. 3. Grond eienaars word versoek om skriftelike kommentaar te lewer en punte of kwellinge uit te wys in die spesialis studies sodat dit aangespreek

kan word

4. Gebasseer op die kommentaar wat ontvang word sal spesialiste hulle verslae wysig en indien nodig verdere plaas besoeke onderneem

5. Die spesialiste sal reageer op die kwessies, kwellinge en kommentaar gelewer. 6. Die spesialiste hul verslae aanpas en aan Zitholele deurstuur. 7. Die hoofverslag aanpas volgens inligting ontvang van spesialiste. 8. Die opgedateerde verslag (Konsep Hersiende Finale OIE Verslag) sal vir ‘n 30-dae kommentaar period aan alle geregistreerde belanghebbende

en/of geaffekteerde party op die projek se databasis gegun word om kommentaar op die opgedateerde verslag te lewer. 9. Die Hersiende Finale OIE Verslag sal opgedateer word met die kommentaar/kommentare ontvang, gefinaliseer word en by die Department

ingedien word. 10. ‘n Verdere 21-dae kommentaar period sal aan geregistreerde belanghebbende en/of geaffekteerde partye op die projek se databasis gegun word

en kommentare op die Hersiende Finale OIE Verslag moet dan aan die Departement van Omgewingsake ingedien word. ‘n Brief sal ook aan alle geregistreerde belanghebbendes en/of geaffekteerde partye op die databasis bestuur word waarin die terugtrek van die Finale OIE Verslag weergegee word en die stappe vorentoe.